Home
|
| Curro Langebaan Privaatskool is geleë in Langebaan aan die Weskus en is binne bereik van feitlik al die omliggende dorpe. Hierdie gekombineerde, parallel-mediumskool (Afrikaans & Engels) bied uitnemende onderrig aan leerders vanaf graad 1 – 10. |
|
Curro Langebaan Privaatskool is ‘n jong, bekostigbare, parallelmedium-privaatskool wat aan leerders van oor die hele Weskus die geleentheid bied om in ‘n privaatskoolomgewing, in hul moedertaal en in ‘n klas van slegs 20 leerders onderrig te word. Op 17 Januarie 2007 het die Weskusjuweel met 168 leerders van graad 1 tot 8 begin en kan tans met 460 pragtige leerders vanaf graad 1 tot graad 10 spog. Ons is dankbaar en trots om te kan sê dat Curro Langebaan oor goed gekwalifiseerde, talentvolle en entoesiastiese opvoeders beskik en as jong skool reeds oor baie goeie en al die nodige akademiese, sport- en kulturele fasiliteite beskik.
Ons uiters bekwame opvoeders woon gereeld indiensopleidingskursusse by en is ten volle vertroud met die Nasionale Kurrikulum. Die nuutste onderwystegnieke word deur alle opvoeders in die klaskamer toegepas en 'n hoë akademiese standaard word gehandhaaf. Ons maak ook van Kurrikulumkundiges gebruik om die funksionering van 'n breë, toekomsgerigte, inligtingsgedrewe kurrikulum, wat vir alle leerders toeganklik is, te verseker.
By Curro Langebaan Privaatskool word daarna gestreef om die totale kind ten volle te ontwikkel. Daarom word daar 'n groot verskeidenheid aktiwiteite aangebied waarmee elke leerder akademies, geestelik en fisies gestimuleer en verryk word. Alhoewel ons ten alle tye streef na uitnemendheid binne ons uitstekende opvoedkundige program word elke leerder se vermoëns en talente in ag geneem en word hy ook daarvolgens geprys en aangemoedig.
Met 'n personeel wat alles in hulle vermoë doen om te verseker dat u kind gelukkig is en volgens sy/haar vermoë ontwikkel, bied Curro Langebaan Privaatskool dus aan u seun/dogter die geleentheid om gebalanseerd te ontwikkel sodat hy/sy met vertroue sy/haar loopbaan kan aanpak en baie goed toegerus sal wees om later sy/haar studies in enige tersiêre inrigting of enige universiteit of kollege voort te sit.
Sleutelwaardes wat nagestreef word, is: Gehoorsaamheid aan die skoolreëls, integriteit, selfdissipline, omgee vir mekaar, mededeelsaamheid, diensbaarheid aan Christus, 'n ontvanklike gees ten opsigte van sy/haar opvoeder en lojaliteit teenoor sy/haar skool.
Indien u graag meer wil weet of deel wil raak van hierdie dinamiese ontwikkeling aan die Weskus, is u welkom om ‘n afspraak te maak sodat ek u persoonlik kan ontmoet.
Vriendelike groete

A. POLLARD
REKTOR
|
| Curro Langebaan Private School is situated in Langebaan on the West Coast and is within easy reach of all the surrounding towns. This combined, parallel-medium school (Afrikaans & English) offers excellent education for learners from grade 1 – 10. |
|
Curro Langebaan Private School is a young, affordable, parallel medium private school which offers affordable, private, mother tongue education to learners from all over the West Coast with a maximum of only 20 learners per class. On 17 January 2007 this West Coast jewel started with 168 learners from grade 1 to 8, and now in 2009 we can boast about the 460 learners we have from grade 1 to 10. We are very grateful to be able to say that we have well-qualified educators and that our school has very good academic, sport and cultural facilities.
Because our educators regularly attend in-service training courses, they are fully acquainted with the National Curriculum and the latest teaching methods are applied in the classrooms. We use the services of a Curriculum expert to ensure that our learners receive a future-orientated and information-driven Curriculum.
At Curro Langebaan Private School we strive to develop the total child, and therefore we offer a variety of activities to stimulate each learner academically, spiritually and physically. At all times we strive for excellence within our superb educational programme where each learner's capabilities and talents are taken into consideration and praised accordingly.
Our staff will do everything in their power to ensure that your child is happy and content, and is given the opportunity to develop as a well-balanced individual so that he/she is able to continue with his/her schooling at a tertiary university or college.
We strive for the following values: honoring school rules, integrity, self-discipline, service to Christ, a receptive spirit towards educators and loyalty towards the school.
If you would like to become part of this dynamic development on the West Coast you are welcome to make an appointment so I can meet you personally.
Best regards

A. POLLARD
RECTOR